Lizette Murray

Stilword by God

Attention: open in a new window. PDFPrintE-mail

gebedemetvlerke

Elke venster van my huis het ’n ander prentjie na buite.

Uit my slaapkamervenster sien ek die groot skaduboom met sy digte blare wat in die somer die koelte wyd oor ons tuin sprei en wintertye sy kaal swart takke na alle kante toe uitstrek.

Uit ons sitkamervenster kyk ek op ons avokadopeer- en suurlemoenboom wat met hul blinkgroen blare en vruggies seënend oor die agterplaas waak. Die groot skuifdeure maak oop op die stoep vanwaar ons wyd kan uitkyk oor die tuin met sy hol waterklip waarin die voëls bad en selfs ’n skugter eekhoring kom water drink. Die grasperk vertel van rus en samesyn en hartsbelewenisse.

Uit my kombuisvenster kry ek ’n glimp van die lewe anderkant my sparretjiesheining: Die grys straat met sy fietsers en skoolkinders op skaatsplanke. Ma’s met kinderwaentjies en ouer mense met kieries. Drawwers met hul honde aan leibande. Werkers wat in die loom middagson terugkeer huis toe.

Ek word stil by God. Ek sit in sy teenwoordigheid en kyk na buite - deur vensters wat oopmaak op die seën en vervulling wat Hy vir my in gedagte het.

 

 

 

Gebede met Vlerke

Attention: open in a new window. PDFPrintE-mail

gebedemetvlerke

Help jou kinders om spontaan en gemaklik met God te praat oor hulle vreugdes en hartseer en besorghede - en daarmee vol te hou!

Gebede met vlerke moedig laerskoolkinders deur gesels-gebede aan om die avontuur van gebed te ontdek en uiteindelik selfstandig en met vrymoedigheid te kan bid. 

Kyk na die video: https://youtu.be/Iq6mS7uWoWA

 

 

101 Avonture saam met God

Attention: open in a new window. PDFPrintE-mail

101avonturesaammetgod

101 opwindende stories wat kinders se oë sal oopmaak vir die klein én groot wonders in die wêreld.

Die lewe is ’n groot avontuur – veral as jy nog ’n kind is wat elke dag nuuskierig na nuwe dinge soek.

Lizette Murray herinner kinders aan hul groot­ste Reisgenoot in 101 avonture saam met God. Met die 101 oordenkings nooi Lizette Murray kinders saam met haar op ’n reis van stories vol opwinding wat hulle oë sal oopmaak vir die klein én groot wonders in die wêreld. Die kort stories wys op hulle vlak vir kinders hoe God in elke avontuur – goed of sleg – saam met ons is. Die boek sluit ook af met en ’n paar lekker speletjies.

101 avonture saam met God sal kinders in­trek in die avontuur wat God spesiaal vir hulle geskep het.

Ook beskikbaar in Engels onder die titel 101 adventures with God

 logo cum amazon

   

In Die Ligkring Van Sy Teenwoordigheid

Attention: open in a new window. PDFPrintE-mail

indieligkring

Ek bid, omdat alles deur gebed in plek val. Christus raak die middelpunt van my hart se roeringe – nie meer ekself nie  – en ek begin bewus word van sy Majesteit en Koningskap en Heerskappy. Dit verander my wêreld…
Dít is die wese van gebed.

Wanneer ons nie bid nie, verskraal ons ons lewe. God wíl hoor wat ons sê. Hy wíl hoor dat ons Hom nodig het, al weet Hy reeds wat in ons harte omgaan. Hy wíl hê dat ons dwarsdeur ons besige dae sal stil word en by Hom gaan sit.

Dit is die kern van die gebede en mymeringe in hierdie bundel. Dis gesprekke met God. Soms is dit rustige langbeen-geselse oor dit en dat. Soms kort, intense gebede. Soms uitroepe van vreugde oor God se goedheid en sorg. Ander kere smeekroepe. Of klaagsange.

God wag reeds vir ons... Want Hy wil ons seën. Elke dag. In klein en groot gebeure. In sigbare en onsigbare dinge. In ons jubeling – én in ons pyn. Al wat Hy vra, is dat ons sal stil word en in die Ligkring van sy teenwoordigheid tot rus sal kom – daar waar Hy Homself aan ons wil openbaar.

amazon

 

Bibber Bobbejaantjie

Attention: open in a new window. PDFPrintE-mail

Liz 1Bibber die bobbejaantjie is ‘n ou bangetjie. Wanneer al die ander jong bobbejaantjies so aan die takke deur die bos swaai en in die hoogste boomtoppe rinkink, dan rittel sy beentjies en bibber sy boudjies…

So begin die avonture van Bibber. Ons leer ook die ander bobbejaantjies ken: Trieks, sy dogtertjie-maatjie; Boela en Breker, die rowwe ouens; Toetsie, die neus-in-die-lug-bobbejaantjie én al hul ander bobbejaan-maters in die Afrika-bos!

Bibber Bobbejaantjie is geskik vir voorlees of self-lees. Ouderdomsgroep 5 - 10 jaar.

Read more: Bibber Bobbejaantjie

   

U Woord is my Woning

Attention: open in a new window. PDFPrintE-mail

uwoordis-mywoning

U Woord is my woning is ‘n dagboek vir die Christenpelgrim op reis deur die onbekende jaar. Nes ander reise, beleef ‘n Christen op sy of haar pad oomblikke van verrukking, maar ook van teleurstelling. Daar is dae vol doelgerigtheid en entoesiasme. Van uitsien na wat môre mag bring. Dan is daar is dae wat uitsigloos voor jou strek. Dae waarin jy nie weet watter rigtingwyser om te kies wanneer die pad vurk nie. Daar is donkerte én lig. Hartseer én blydskap.

Die dagstukkies in U Woord is my woning staan stil by ál hierdie oomblikke op ‘n Christen se pad deur die lewe. Keer op keer kan ons by die Woord van God tot rus kom. Wanneer ons aardse tentflappies min beskerming bied, is God se Woord vir ons ‘n woning met vier mure wat ons beskut en beveilig. God se Woord is ‘n veilige vesting.

 

n Handvol Hoop

Attention: open in a new window. PDFPrintE-mail

handvolhoop'N HANDVOL HOOP is 'n roerende bundel wat die pyn en magteloosheid van afvlerk-mense wat verlies ervaar, met deernis verwoord.

Beskikbaar vanaf November 2012 by alle CUM Boeke - Boekwinkels.
Prys: R99.95
Lizette Murray het in Stellenbosch en die Paarl grootgeword. As onderwyseres en ma van vyf seuns ken sy die hart van ʼn kind. Sy is die medeskrywer van ’n bekroonde kinderboek. Ná die dood van haar middelseun begin sy ʼn tydskrifrubriek “Henri stap aan” in Lééf – met hart & siel.

In 2008 word hierdie rubrieke as boek uitgegee. Sy skryf tans die rubriek “My hart se punt” vir Lééf – met hart & siel. Lizette skryf ook toneelstukke vir skole, Bybelse musiekblyspele en lirieke vir kore, onder andere die Stellenbosch Libertaskoor en Noordwes-Universiteitskoor. Haar huwelik met George, ʼn bedryfsingenieur, is vir Lizette ʼn veilige hawe – en steeds ʼn avontuur.

Hierdie boek word uitgegee deur CUM Christelike Uitgewersmaatskappy.
Vir meer inligting en bestellings kliek op die logo hieronder.
logo_cum amazon
   

Fotomuur

Foto's

random1.jpg

Copyright © 2010. Lizette Murray. All rights reserved.
Designed and Hosted by Webnic

mooCow mooCow mooCow
mooCow