Henri stap aan

Print

henri_stap_aan_voorbladIn haar boekie,  HENRI STAP AAN, vertel Lizette Murray hulle gesin se storie. Dit handel oor die verlies van ‘n geliefde kind wat deur die dood van hulle weggeruk is.  Dit is egter meer as dit. Dis die storie van ons elkeen se lewe, want ons ken almal verlies en die onomkeerbare effek daarvan op ons lewens.

Die skrywer verskaf nie kitsoplossings vir treurendes nie. Sy gee ook nie maklike wenke oor hoe ‘n mens iemand wat verlies ervaar, kan troos nie. Hoewel die gesin se eie belewing van verlies sentraal staan, het dit raakpunte met almal wat worstel met afskeid en heelword. ‘n Mens kan jou vereenselwig met  baie vrae wat ‘n Christen vra in ‘n tyd van swaarkry.

HENRI STAP AAN is nie net die storie van Henri se lewe en dood nie. Dis die storie van ‘n gesin wat in die teenwoordigheid van baie liefde heel gebly het, ondanks hul stukkendheid. Dis ‘n verhaal van hoop vir elke gebrokene. Vir elkeen wat swaar dra aan verlies. En dis ‘n loflied aan die God van die Lewe wat sy kinders nooit alleen los nie.

ISBN 978-0-620-50054-8
 
E-boek nou beskikbaar kliek hier