Bibber Bobbejaantjie

Print

Liz 1Bibber die bobbejaantjie is ‘n ou bangetjie. Wanneer al die ander jong bobbejaantjies so aan die takke deur die bos swaai en in die hoogste boomtoppe rinkink, dan rittel sy beentjies en bibber sy boudjies…

So begin die avonture van Bibber. Ons leer ook die ander bobbejaantjies ken: Trieks, sy dogtertjie-maatjie; Boela en Breker, die rowwe ouens; Toetsie, die neus-in-die-lug-bobbejaantjie én al hul ander bobbejaan-maters in die Afrika-bos!

Bibber Bobbejaantjie is geskik vir voorlees of self-lees. Ouderdomsgroep 5 - 10 jaar.

Boeke in die Bibber-reeks:

1. Bibber en die slang
Bibber en Trieksie kom op ’n slang met ‘n geknoopte nek af. Hulle red die slang en gaan dan terug na die ander bobbejaantjies in die bos. Wat gaan die ouens soos Boela en Breker van die slang sê? Watter avonture wag vir hulle?
bibberendieslang
2. Bibber wat hang daar om jou nek?
Daar heers groot konsternasie onder die bobbejaantjies toe hulle Slungel, die slang, om Bibber se nek  gewaar. En skielik word Bibber, die ou bangetjie, almal se held. Lees hoe dit gebeur het.
bibberwathangdaaromjounek
3. Trieks maak moles
Trieks is ’n vrolike, praterige dogtertjie. Somtyds raak sy té entoesiasties.
Dit is wat gebeur wanneer sy en haar maatjie Kandas na die rooi gloed van die sonsondergang kyk.
trieksmaakmoles
4. Die drie Samaritane
Dis lente in die bos. Die bobbejaantjies hou ’n maroelageveg. Maar dan loop iets verkeerd. Drie Samaritane spring in om te help. Slaag hulle?
diedriesamaritane
5. Die boskonsert
Die bobbejaantjies besluit om konsert te hou. Borrels, die baba-bobbejaantjie vir wie almal so lief is, is die prinsie. Die dogtertjies wil almal die koningin wees, maar dan kry Slungel ‘n plan: Borrels moet self die koningin kies. Wie sal dit wees?
dieboskonsert
6. Kerstyd in die bos
Die bobbejaantjies sien een middag hoe die kinders van die boer wat aan die rand van die bos bly, ’n kersboom op die stoep versier. Hulle raak so meegevoer dat hulle besluit om hul eie boom te versier. Hulle begin goed aandra na ’n groot ou doringboom: sade, bessies, veertjies... Maar hulle kry nêrens ’n ster nie.
kerstydindiebos
7. Trieks loop weg
Trieks is dikmond. Sy dink niemand wil met haar speel nie. Dan loop sy weg. Die ander bobbejaantjies begin na haar soek. Uiteindelik kry hulle haar ...
Trieks loop weg