In Die Ligkring Van Sy Teenwoordigheid

Print

indieligkring

Ek bid, omdat alles deur gebed in plek val. Christus raak die middelpunt van my hart se roeringe – nie meer ekself nie  – en ek begin bewus word van sy Majesteit en Koningskap en Heerskappy. Dit verander my wêreld…
Dít is die wese van gebed.

Wanneer ons nie bid nie, verskraal ons ons lewe. God wíl hoor wat ons sê. Hy wíl hoor dat ons Hom nodig het, al weet Hy reeds wat in ons harte omgaan. Hy wíl hê dat ons dwarsdeur ons besige dae sal stil word en by Hom gaan sit.

Dit is die kern van die gebede en mymeringe in hierdie bundel. Dis gesprekke met God. Soms is dit rustige langbeen-geselse oor dit en dat. Soms kort, intense gebede. Soms uitroepe van vreugde oor God se goedheid en sorg. Ander kere smeekroepe. Of klaagsange.

God wag reeds vir ons... Want Hy wil ons seën. Elke dag. In klein en groot gebeure. In sigbare en onsigbare dinge. In ons jubeling – én in ons pyn. Al wat Hy vra, is dat ons sal stil word en in die Ligkring van sy teenwoordigheid tot rus sal kom – daar waar Hy Homself aan ons wil openbaar.

amazon