Verwondering

Verwondering

Attention: open in a new window. PDFPrintE-mail

Ek en my kleinkind stap. Dan gaan buk hy by 'n klomp rysmiere wat stokkies aandra nes toe. Die hele wereld gaan staan stil. Tyd ook. Niks maak meer saak nie. Net daardie rytjie miertjies wat soos opgewende robotte hul stokkies aanbring nes toe. Haastig-haastig - want die winter en die reentyd in die Kaap is op hande.

Die ontdekkertjie trek my aan die hand af grond toe. Saam sit ons en kyk na een van die wonders van God se skepping. In die akkerbome se hoogste takke wip eekhorings rats heen en weer om akkers vir hul winternessie in te samel. En in die blou lug swiep 'n groot swerm swaeltjies verby - op koers noordelike halfrond toe. Somer toe. 

Hoe weet 'n mier dat die winter nader kom? En hoe weet 'n eekhoring dis tyd om akkers by mekaar te maak? Hoe weet swaeltjies dis tyd vir trek? Net God kan hierdie wete in hulle plant.

Die Here, die Skepper van alles wat asem het, kom le ook in ons harte die onverklaarbare hunkering na iets groter as onsself. Iets wat ons diepste honger kan stilmaak. Iets wat die winter in ons eie hart weer somer kan maak. Hy skep in ons die verlange na Homself. 

Anders as die miere en eekhorings en swaeltjies wat instinktief weet wat om te doen om te oorleef, ignoreer ons dikwels ons diepste  honger - daardie branding na God - en ons verdwaal op vreemde plekke in ons soektog na sin en betekenis wat net in Hom gevind kan word. Die antwoord is so eenvoudig: "Kyk na die lelies, na die wilde voels... en soek heel eerste God se Koninkryk."

Fotomuur

Copyright © 2010. Lizette Murray. All rights reserved.
Designed and Hosted by Webnic

mooCow mooCow mooCow
mooCow