Katjiepiering

Katjiepiering

Attention: open in a new window. PDFPrintE-mail

'n Katjiepiering is 'n karnallie. So het ek al by herhaling uitgevind. Sy is iesegrimmig. Temperamenteel. Fynbesnaard. Sy hou van aandag. Maar jy moenie te naby aan haar wortels torring nie. Sy hou van 'n bietjie skaduwee. En 'n bietjie son. Nie te veel nie. Sy vervies haar as jy nie gereeld haar skoonheid besing en bewonderend oor haar blink blare vryf nie. As sy afgeskeep voel, word haar blare sommer oornag geel. Dan moet jy spring met ysterchelaat en ander wonderkure wat weer jou liefde en omgee vir haar bevestig. 

En dan sy beloon almal rondom haar met die witste-wit blomknoppe wat een na die ander oopwaaier en hul soet speserygeur dwarsoor die tuin versprei. Die geur sweef bo-oor tuinhekke en hoe mure. En in die diep nanag - wanneer die hele buurt slaap - kom die sagte geur van katjiepiering by oop vensters in. Seenend-soet. 

Eintlik is ons vrouens 'n bietjie soos 'n katjiepiering. Ons is kwesbaar. Met 'n nuk hier en daar. Maar - koester en versorg en bemin ons - en ons blom oop. Ons draai ons soet binnestekant buitentoe. Na die son en die wereld. En ons seen almal wat naby ons kom.

Soos 'n blinkgroen katjiepiering langs die tuinpaadjie. 

Fotomuur

Copyright © 2010. Lizette Murray. All rights reserved.
Designed and Hosted by Webnic

mooCow mooCow mooCow
mooCow