Volgafstand

Volgafstand

Attention: open in a new window. PDFPrintE-mail

"Hou jou volgafstand, Pappa", sê 'n bejaarde vrou vir haar man toe hy ongeduldig raak agter 'n groot vragmotor wat sy uitsig versper.... "En dan val jy terug."

En dis inderdaad toe wat hy doen. Hy haal sy voet van die petrolpedaal af. Hy 'val terug'. Sy vrou sak terug in haar sitplek en blaas haar asem stadig uit. So ja.

Nie lank nie - of die knope in sy styfgespande skouerspiere begin een vir een skietgee. En hy begin ook ontspan. Vir die eerste keer sien hy die uitgestrekte Karoovlaktes om hom raak. Hy sien skape. En sementplaasdamme en windpompe en doringbome. Hy begin die rit geniet...

Wanneer 'n mens besef dat jy niks aan 'n saak kan doen nie, is dit soms beter om 'terug te val'. Om die aftog te blaas. Om nie so opgewonde te raak nie. Om nie al wat 'n hindernis is uit jou pad te probeer ploeg of die wêreld aan sy ore te probeer orent pluk nie. Om 'n bietjie terug te sit en die lewe vanuit 'n nuwe hoek te bekyk. 

Ons moet leer om  te kan erken: Dit waaroor ek so opgewonde geraak het, is toe al die tyd nie so belangrik nie.

Hou jou volgafstand. Val terug! En geniet die rit!

Fotomuur

Copyright © 2010. Lizette Murray. All rights reserved.
Designed and Hosted by Webnic

mooCow mooCow mooCow
mooCow