n Handvol Hoop

Print

handvolhoop'N HANDVOL HOOP is 'n roerende bundel wat die pyn en magteloosheid van afvlerk-mense wat verlies ervaar, met deernis verwoord.

Beskikbaar vanaf November 2012 by alle CUM Boeke - Boekwinkels.
Prys: R99.95
Lizette Murray het in Stellenbosch en die Paarl grootgeword. As onderwyseres en ma van vyf seuns ken sy die hart van ʼn kind. Sy is die medeskrywer van ’n bekroonde kinderboek. Ná die dood van haar middelseun begin sy ʼn tydskrifrubriek “Henri stap aan” in Lééf – met hart & siel.

In 2008 word hierdie rubrieke as boek uitgegee. Sy skryf tans die rubriek “My hart se punt” vir Lééf – met hart & siel. Lizette skryf ook toneelstukke vir skole, Bybelse musiekblyspele en lirieke vir kore, onder andere die Stellenbosch Libertaskoor en Noordwes-Universiteitskoor. Haar huwelik met George, ʼn bedryfsingenieur, is vir Lizette ʼn veilige hawe – en steeds ʼn avontuur.

Hierdie boek word uitgegee deur CUM Christelike Uitgewersmaatskappy.
Vir meer inligting en bestellings kliek op die logo hieronder.
logo_cum amazon