U Woord is my Woning

Print

uwoordis-mywoning

U Woord is my woning is ‘n dagboek vir die Christenpelgrim op reis deur die onbekende jaar. Nes ander reise, beleef ‘n Christen op sy of haar pad oomblikke van verrukking, maar ook van teleurstelling. Daar is dae vol doelgerigtheid en entoesiasme. Van uitsien na wat môre mag bring. Dan is daar is dae wat uitsigloos voor jou strek. Dae waarin jy nie weet watter rigtingwyser om te kies wanneer die pad vurk nie. Daar is donkerte én lig. Hartseer én blydskap.

Die dagstukkies in U Woord is my woning staan stil by ál hierdie oomblikke op ‘n Christen se pad deur die lewe. Keer op keer kan ons by die Woord van God tot rus kom. Wanneer ons aardse tentflappies min beskerming bied, is God se Woord vir ons ‘n woning met vier mure wat ons beskut en beveilig. God se Woord is ‘n veilige vesting.