Lizette Murray

Die pad na ware wysheid

Attention: open in a new window. PDFPrintE-mail

die pad na ware wysheid

Ons kom almal wysheid kort. Vir vandag. En môre. Vir klein situasies. Vir korttermynbesluite. Vir die langpad.

'n Ma staan met haar vars babatjie op haar voordeurdrumpel. Sy wonder: Hoe gaan ek hierdie kindjie grootkry?

'n Tiener moet 'n beroepskeuse maak. 'n Jong man is onseker oor die keuse van 'n lewensmaat.

Ons word gekonfronteer met onreg by die werk, teenoor ons kinders of in die breë gemeenskap.

Ons smag almal na wysheid Maar hoe bekom ons dit? Hoe kry ons dit reg om met wysheid te leef?

Daar is geen towerformule om wysheid te bekom nie. Ons pluk nie wyse antwoorde soos 'n haas uit 'n hoed nie. Wysheid is nie een oomblik se helder insig nie. Om met wysheid te kan leef verg selfdissipline. Dit vra 'n leeftyd se dag-tot-dat-toewyding en soeke. Dit vra dat ons met ons oor op die grond sal leef, in afwagting op God se stem wat ons leer hoe ware wysheid - die soort wat van Hom kom - te verkry.

 

Klankopname vanaf Radio Kaapse Kansel

Video van Zoom Onderhoud met Marinda

Lux Verbi audio-insetsel

 

 

My hart se baie punte

Attention: open in a new window. PDFPrintE-mail

Screenshot 2021 12 30 101526

Ons moet kyk met oë wat nuut gebore is, skryf Pablo Neruda.

Dit is wat kinders doen. Hulle kyk vars en nuut – asof vir die eerste keer – na die wêreld rondom hulle. Daarom kan ons gerus luister na wat hulle sê en ons verlustig in hul ekstase oor klein dingetjies, of hul intense opregte hartseer oor slegte ervarings. Of net die eenvoud waarmee hulle na die lewe kyk.

Klein kinders leef in die oomblik. Daarom neem hulle suiwer waar. En hulle sit hulle gevoel in eenvoudige raakvat-woorde tussen ons neer. Onverdund. Eerlik.

In die klein kring van ʼn gesin of familie word ons blootgestel aan gewone situasies. Dié ruimte is die lewe in die kleine. Dit skep geleenthede wat ons help om lewensfiks te word.

Met My hart se baie punte probeer ek doodgewone momente in my lewe vasvang en verwoord. Ek put uit die bekende: uit my saamleef met my geliefdes, my kinders, kleinkinders en ander kosbare mense wat my pad kruis.

Al is elkeen se situasie uniek, glo ek dat dit wat ons ontroer universeel is. My hart se baie punte is vir almal wat soos kinders wil glo en leef.

NuweBMlogoSmall      takealot logo

 

 

   

Die Here Is My Herder

Attention: open in a new window. PDFPrintE-mail

DIE HERE IS MY HERDER COVER
Die Here Is My Herder (Hardeband)

Soms is dit moeilik om God se stem te hoor. Dit voel dalk of Hy doodstil is in daardie tye wanneer ons Hom die nodigste het.

Maar wat ’n troos om te weet dat God jou nooit alleen laat nie! Lizette Murray nooi lesers op ’n jaar lange vreugdesreis om waarlik God se teenwoordigheid en leiding te ervaar. In 366 dagstukke sal jy ontdek dat jy as God se geliefde kind niks hoef te vrees nie, selfs nie alleentye nie.

Want dit is juis in sulke tye dat ’n mens die Goeie Herder se teenwoordigheid, vertroosting en leiding intens kan beleef. Hy beskerm jou altyd en is by jou, met elke tree wat jy gee.

Die Here is my Herder bevestig opnuut dat die Here hier en nou by ons is. Hy is ons enigste hoop!

Written by: BY LIZETTE MURRAY
Published by: Christelike Uitgewersmaatskappy
Edition: edition 1
ISBN: 9781431625475
Available in: Paperback

logo cum

 

 

   

Die Alfabet van oorvloed

Attention: open in a new window. PDFPrintE-mail

AlfabetVanOorvloed page 0001
Wanneer jy Lizette Murray se skryfwerk lees, word al jou sintuie betrek. Maar dis veral jou hart wat sy aanraak.

Met haar diep insig in ons menseverhoudings, en haar deurwinterde wysheid as ma en ouma, neem sy jou op ’n reis vol liefde en skoonheid. ’n Reis van saamwees, familie-dinge.

Lizette weet hoe om fyn waar te neem, en dan keurig haar woorde te kies om dinge te beskryf waarmee ons ons maklik kan vereenselwig. Sy skryf onopgesmuk en met ’n teerheid wat jou oopmaak vir die gedagtes wat sy deel.

Skink ’n koppie tee, en lees rustig Lizette se vertellings in hierdie boek. Laat die gloed van God se teenwoordigheid wat in elke vertelling deursyfer jou baai in sy liefdesoorvloed.

Aanlyn Winkel - https://eshop.bybelmedia.org.za/product-category/kersfees-2020/

Telefoniese Aankope - Kontak 021 864 8211 of per epos by  This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

WB NOV2020 Kersf 2 Copy

   

Oomblikke van Stilte

Attention: open in a new window. PDFPrintE-mail

oomblikkevanstilte

In elke Christen se hart leef die versugting: “Here, help my om u stem te hoor! Leer my hoe om by U tot rus te kom.”

In Oomblikke van stilte word die leser gelei om fyn te luister en te hóór – en in gehoorsaamheid op te staan en te dóén. Die dagstukkies neem ons op die spoor van Bybelfigure wat God heelhartig gevolg het. Daar is egter ook die twyfelaars en hardkoppiges, en dié – soos klein Samuel – wat nog moet leer om God se stem tussen die baie ander stemme te herken. Ons word met ons eie geloofspad gekonfronteer: Met die dinge wat ons van ’n gehoorsaamheidslewe weerhou; met verlies wat ons stom en vertwyfeld laat, maar ook die verwondering wanneer ons besef dat Christus Immanuel is – die God wat tussen ons leef.

In Oomblikke van stilte leer ons hoe om die sagte ruising van Christus se kleed langs ons op ons Emmauspad te hoor en sy stem op ons elkedagse stofpaaie te herken.

God se stem word nooit stil nie. Hy verlang dat ons sal antwoord: “Praat, Here. Hier is ek. Ek luister.” 184

 

   

Briewe aan God

Attention: open in a new window. PDFPrintE-mail

BRIEWE AAN GOD vb

Kinders van God gesels op velerlei maniere met hul Vader: In die stilte van hul binnekamer. Informeel deur die loop van die dag. Soms net deur te sê: "Dankie, Vader," wanneer iets reg verloop, of: "Asseblief, Here!" wanneer daar 'n krisis is.

Briewe aan God is gesprekke in briefvorm. Kwelvrae, lewenskwessies, hartsverlangens - niks is te klein of te groot om al skrywend aan die Vader se adres te rig nie. Sy antwoord kom deur gepaste Skrifgedeeltes wat weer hoop en insig bring. Uit dié insig vloei 'n gebed - vol dankbaarheid oor die sorg van 'n alwyse, alomteenwoordige God en Vader.

logo cum 

 

 

   

Stilword by God

Attention: open in a new window. PDFPrintE-mail

gebedemetvlerke

Elke venster van my huis het ’n ander prentjie na buite.

Uit my slaapkamervenster sien ek die groot skaduboom met sy digte blare wat in die somer die koelte wyd oor ons tuin sprei en wintertye sy kaal swart takke na alle kante toe uitstrek.

Uit ons sitkamervenster kyk ek op ons avokadopeer- en suurlemoenboom wat met hul blinkgroen blare en vruggies seënend oor die agterplaas waak. Die groot skuifdeure maak oop op die stoep vanwaar ons wyd kan uitkyk oor die tuin met sy hol waterklip waarin die voëls bad en selfs ’n skugter eekhoring kom water drink. Die grasperk vertel van rus en samesyn en hartsbelewenisse.

Uit my kombuisvenster kry ek ’n glimp van die lewe anderkant my sparretjiesheining: Die grys straat met sy fietsers en skoolkinders op skaatsplanke. Ma’s met kinderwaentjies en ouer mense met kieries. Drawwers met hul honde aan leibande. Werkers wat in die loom middagson terugkeer huis toe.

Ek word stil by God. Ek sit in sy teenwoordigheid en kyk na buite - deur vensters wat oopmaak op die seën en vervulling wat Hy vir my in gedagte het.

 

 

 
   

Page 1 of 2

Photo Wall

Photo's

random4.jpg

Copyright © 2010. Lizette Murray. All rights reserved.
Designed and Hosted by Webnic

mooCow mooCow mooCow
mooCow