Op reis met God

Op reis met God (’n 52-week-dagstukjoernaal)
’n 52-week-joernaal vol fluisteringe van hoop, vreugde en dankbaarheid
Wanneer ons terugkyk oor ons lewensreis, kry ons dikwels ’n nuwe perspektief op ons lewe. Ons kyk nuut na hoogte- en laagtepunte en raak weer bly of hartseer oor keuses wat ons gemaak het. Ons sien rigtingwysers wat ons geïgnoreer het; ander wat ons eerder moes gekies het. En dikwels sien ons die genade van God in elke klein en groot belewenis soveel duideliker.
In Op reis met God neem Lizette Murray jou op hierdie reis deur die lewe. In 52 kort oordenkings herroep Lizette gebeure uit haar eie lewe, asook ander inspirerende verhale wat tot elke leser se hart sal spreek. Saam met bypassende teksverse, vrae vir nadenke en die herinnering om altyd iets te soek om voor dankbaar te wees, bied hierdie joernaal-dagboek leiding en rigting vir kosbare tye saam met God.
Lizette Murray is ’n Stellenbosse joernalis en skrywer van inspirasieboeke, dagboeke, gebedeboeke, Bybelstudiegidse en kinderboeke. As joernalis skryf Lizette hoofsaaklik rubrieke en artikels vir Christentydskrifte. ’n Aantal van haar boeke word deur CUM gepubliseer, onder andere ’n Handvol hoop, Briewe aan God en Oomblikke van stilte.
Written by: BY LIZETTE MURRAY
Published by: Christelike Uitgewersmaatskappy
ISBN: 9780638011197
Available in: Paperback







