"Hou jou volgafstand, Pappa", sê 'n bejaarde vrou vir haar man toe hy ongeduldig raak agter 'n groot vragmotor wat sy uitsig versper.... "En dan val jy terug."
En dis inderdaad toe wat hy doen. Hy haal sy voet van die petrolpedaal af. Hy 'val terug'. Sy vrou sak terug in haar sitplek en blaas haar asem stadig uit. So ja.
Read more... VolgafstandEk en my kleinkind stap. Dan gaan buk hy by 'n klomp rysmiere wat stokkies aandra nes toe. Die hele wereld gaan staan stil. Tyd ook. Niks maak meer saak nie. Net daardie rytjie miertjies wat soos opgewende robotte hul stokkies aanbring nes toe. Haastig-haastig - want die winter en die reentyd in die Kaap is op hande.
Read more... Verwondering'n Katjiepiering is 'n karnallie. So het ek al by herhaling uitgevind. Sy is iesegrimmig. Temperamenteel. Fynbesnaard. Sy hou van aandag. Maar jy moenie te naby aan haar wortels torring nie. Sy hou van 'n bietjie skaduwee. En 'n bietjie son. Nie te veel nie. Sy vervies haar as jy nie gereeld haar skoonheid besing en bewonderend oor haar blink blare vryf nie. As sy afgeskeep voel, word haar blare sommer oornag geel. Dan moet jy spring met ysterchelaat en ander wonderkure wat weer jou liefde en omgee vir haar bevestig.
Read more... KatjiepieringToe my seuns klein was, het ek dikwels gese dat 'n kind op die heup vir my net so deel van my kleredrag is as 'n handsak. Daarsonder het ek onafgerond gevoel. Half aangetrek. Die jongste van my spannetjie het gewoonlik hierdie gerieflike sitplek vir homself toegeeien. Terwyl ek kosmaak, het hy saam met my in die potte geloer. Wanneer ons in die dorp rondgeloop het, was die standaard-sitplek my heup - die heel beste uitkykpunt vir so 'n nuuskierige mannetjie. Vandaar kon hy die wereld rustig beskou - terwyl hy saam met my wieg en wip. Geborge en gelief.
Read more... HandsakDikwels - wanneer ek tande borsel - dink ek aan my pa. Kleintyd het ons almal soggens vroeg, gelyktydig rondom een wasbak en spieel, onsself vir die dag probeer regkry. Dit was maar moeilik. Drie kinderkoppe wat oorbuig om haastig-haastig gesig te was en tande te borsel voor ons op ons fietse skool toe spring. Met die spoegslag het Pa ons gemaan om te mik vir die middel van die uitloopgaatjie. Ons was heimelik trots op onsself as die tandepastastreepsel die blink sirkeltjie sekuur tref..
Read more... Kortpad. Langpad. Regte padCopyright © 2010. Lizette Murray. All rights reserved.
Designed and Hosted by Webnic