God sien my raak

God sien my raak

Attention: open in a new window. PDFPrintE-mail

Ek maak groot stiltes om my bymekaar. Soggens as die huis rustig word, trek ek my terug. In ons slaapkamer gooi die winterson ’n warm, geel kol op die mat. Ek sien myself voor die Here – ’n klein hopie potskerwe – in die kol sagte son.

Ek het niks om vir Hom te gee nie. Niks om vir Hom te sê nie. Ek sit net in stilte by Hom. Hy vul my stiltes met sy genade. Hy gee nie antwoorde nie. Hy sit my nie op ’n kitskursus in treur nie. Ek ervaar dat dit goed is om net so te sit.

Stadig maar seker begin ek iets verstaan van die woorde uit die bergrede: Geseënd is hulle wat treur, want hulle sal vertroos word.

Terwyl ek so by die Here se voete sit en treur, vul Hy my met sy onuitspreeklike liefde en goedheid. En Hy troos my. Soos niemand anders kan troos nie. Maar dit is nodig om stil te word. Gestroop van die wêreld wat voortspoed en toet en blaas en baklei en geld maak.

Ek sit in die geel stilte op my mat en voel die Here se sagte vrede deur my spoel. Ek leer dat ek my hart moet oopmaak vir my pyn, want dit bring geestelike seën.

Ek dink aan die rekenaarspeletjie, Tetris, wat ek by die seuns leer speel het. ’n Verskeidenheid blokkies rol in kolomme van bo na onder oor die skerm. Jy moet vinnig genoeg reageer om hulle om te dop en sywaarts te rangeer, sodat almal in die openinge onder op die skerm pas. As jy daarin slaag om ’n volledige ry vol te maak, begin die volgende sarsie bewegende blokkies van bo af stroom. Dit verg vinnig dink en meet en pas.

Terwyl die Heilige Gees my troos, leer Hy my ook. Ek ervaar hoe dinge in plek val – nes die Tetris-blokkies. Ek kry insigte waarna ek nie gesoek het nie. Een na die ander antwoord Hy my vrae, wat ek diep weggebêre het en nie wou formuleer nie. Hy wys my baie sagkens op waarhede uit die Woord wat ek nie wou deurdink nie. Hy antwoord ook my onuitgesproke vrae. Ek leer dat sy beskerming verder as die tydelike strek. Hy beskut my ook teen die bose en die ewige dood. Ek hoef nie te worstel met as Henri tog net ... of hoekom ...? nie.

Dis nie lekker om te treur nie; tog moet ’n mens sekere dinge konfronteer. Die dood dwing ’n mens tot stilstand. Om jou terug te trek en by die Here te leer, beteken egter nie selfbejammering of ongesonde tob oor dinge waaraan jy niks kan verander nie.

Jy moet doelgerig deur jou smart werk. Tree vir tree.

Daar is ’n tyd vir alles, sê die Prediker. Ook vir afsondering en rou. As daardie tyd verby is en jy het nie deur alles gekou nie, sleep jy ’n baie swaar las met jou saam. Die pyn gaan nie weg as jy dit ignoreer of jou dae met ander dinge vol maak nie. Dit gaan lê net al hoe dieper en swaarder in jou wese.

In ’n sin is dit ’n voorreg om jouself in die bolangse gejaagdheid af te vra: Is ek op koers? Wat maak ék nog hier? Gee ek aandag aan dít wat die toets van die tyd deurstaan?

Toe Sep so twee-drie jaar oud was, was ek baie doenig in ons gemeente. Henri was ’n baba. Ek het soms deur ’n dag gewoertswarts met te min hande en te veel dinge om te doen. Dan het Sep, sommer in die middel van die dag, ons klein sitkamertafeltjie omgekeer en my geroep.

“Hierdie is my boot. Mamma moet by my inklim. As Ma uitklim, eet die krokodille Ma op.”

Terwyl ons twee dan so styf teenoor mekaar in die ‘boot ‘ sit en ek in die oë van my klein seuntjie kyk, vertel hy my alles wat op sy tweejaaroud-hart is. Aanmekaar. Sonder ruspouses. Op ’n punt kondig hy pront aan: “Al die krokodille is nou weg. Mamma kan maar uitklim.”

Ek het dikwels na Henri se dood so in my ‘boot’ gaan sit en die Here geroep om by my te kom sit, sodat ek al my stories vir Hom kon vertel en sy nabyheid en liefde kon ervaar. Ek wou oor en oor die versekering hê dat Hy my nie vergeet het nie. 

Hierdie ure se innige saamsittye wanneer ek magteloos-alleen en hartseer voel, gee my die vrymoedigheid om weer my voet uit die boot te sit en sonder twyfel te weet: Ek word liefgehê. God sien my raak. Hy sorg vir my.

 


 

Kopiereg © 2008 Lizette Murray; This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Alle regte voorbehou. Geen gedeelte van hierdie boek mag gereproduseer word in enige vorm of op enige manier
sonder die skriftelike toestemming van die outeur nie.

© Skrifaanhalings uit die Bybel (Nuwe Vertaling 1983) van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika.

Redakteur: Lucia Smith

Omslagontwerp: FJ Wepener

Voorbladfoto: Miemie du Plessis. Henri in Botswana Julie 2004

Foto’s: Murray-gesin
Miemie du Plessis
Corné Schriek
Piet van Niekerk

Eerste uitgawe – Julie 2008
ISBN 978-0-9814189-0-2

Внезапно Бронзини вскрикнул и упал "Стихотворения"на колени.

Хотя она "Четвертая высота"и продолжает кричать, но различить ее слов "Песнь о нибелунгах"уже нельзя.

Обычно, одну бригаду нетрудно окружить "Любовница египетской мумии"и нейтрализовать, господин президент.

Римо прочитал еще раз, что "Дизайн сада: оформление камнем"написал Чиун, затем быстро "Разные дни войны. Дневник писателя. 1942-1945 годы"начертил знак, представляющий собой "Enjoy Reading. Книга для чтения на английском языке. 4 класс"сочетание бычьих рогов и бычьего же помета.

Наконец он увидел себя "Венеция. Путеводители "Афиши""повешенным на "Ветхий завет. Путеводитель по Библии"липе в аллее военного лагеря в Бруке-на-Лейте.

Русские всегда отличались склонностью "Настольная книга финансового директора"к пропагандистским трюкам.

Он сделал это не для того, чтобы избавиться от ужасного зрелища, которое представляли собой ударяющиеся о песок тела парашютистов их упало уже слишком много, чтобы это могло иметь хоть какой-нибудь смысл.

А музыка все продолжалась и продолжалась.

Не в силах удержаться, Римо наклонился и приподнял с лица девушки вуаль.

Затем они наблюдали, как и пары рассеялись, обнажив темный пейзаж под солнечным небом.

Грузная громогласная женщина на пятом десятке, с глазами, как голубая глазунья, она так и не смогла отказаться от сюсюканья, которым в юные годы обольщала сверстников.

Ибо перед вами, сэр, стоит последний алхимик на земле.

Ее "Новейшая история" бедро, прижатое к горячему винилу, приобрело "Убийцы кораблей" чрезвычайно волнующие очертания.

То же самое и с "Мир младенца Учимся считать Цыплята" нуклеидами в соответствии с направлением "Атлас а/д Подмосковья 1/2011" витков спирали нуклеиновой кислоты.

Наконец, компьютер был включен "Поэты серебряного века" в другую цепь, позволяющую выбрать "Поиграем почитаем 6-7 лет Обуч. игра" наилучшую комбинацию анализа обстановки и ответной реакции.

Когда я повернулся, "Онкологические заболевания Пути к исцелению" вошла Гленда, остановилась и "Р Наклей и раскрась № НР 11131 Маша и Медведь" побледнела.

Это шоу не идет уже лет "Головокружение" десять.

Собираюсь дать концерт по заявкам, "Топ 1000 слов Турецкий язык Учеб. пособие" сказал он и начал петь длинную печальную балладу.

Fotomuur

Foto's

random1.jpg

Copyright © 2010. Lizette Murray. All rights reserved.
Designed and Hosted by Webnic

mooCow mooCow mooCow
mooCow